Artikelbron: www.persecution.org

Bendelede in Port-au-Prince, Haïti, het die Amrerikaanse Republikein, Ben Baker, se dogter en skoonseun, Natalie (21) en Davy (23) Lloyd, saam met die Haïtiaanse direkteur van die Missions in Haiti, Jude Montis (20), doodgeskiet.

Die Lloyds, sendelinge van Missions in Haiti, Inc., het teruggekeer van ’n jeuggeleentheid toe hulle aangeval is. Die organisasie se Facebook-plasing beskryf hoe die bende Davy vasgebind en geslaan het, voorrade en voertuie gesteel het, en toe die egpaar en Montis geskiet het terwyl hulle skuiling gesoek het.

Jude se ouers het die sendingorganisasie in 2000 begin. Davy en Natalie is in Augustus 2022 getroud en het drie maande later na Haiti verhuis.

Hierdie voorval weerspieël ‘n toename in geweld in Haïti sedert president Jovenel Moise se sluipmoord in 2021 en die aardbewing in 2021, vererger deur bendes soos 400 Mawozo. Nieregeringsorgasieis, insluitend Dokters Sonder Grense, het bedrywighede gestaak weens die gevaar.

In Oktober 2021 is 17 sendelinge naby Port-au-Prince ontvoer. International Christian Concern se McKenna Wendt het die aanval veroordeel en gehoop dat die Lloyds se dood nie verniet sal wees nie en het gebid vir die bendelede se bekering.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 27/05/2024
Foto slegs ter illustrasie: unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here