Geskryf deur: Voice of the Martyrs Suid-Afrika
Artikelbron: www.persecutionsa.org
Darya was depressief en bang. Haar man wat heelwat ouer as sy was, het skielik aan ’n beroerte gesterf en haar agtjarige seun het kwaai en gewelddadig geword.
“Ek het verskillende sielkundiges geraadpleeg oor my seun se gedrag, maar niks het verbeter nie,” het Darya gesê. “My seun het my kamer eenkeer in die middel van die nag met ’n mes binnegekom. Ek was so bang dat ek daardie nag glad nie geslaap het nie. Ek het net aanhou probeer om my seun te kalmeer.”
Die volgende dag het sy vir ’n vriendin vertel wat gebeur het. Daardie vriendin was ’n Christen wat vir haar gebid en vir haar ’n geïllustreerde Aksiebybel gegee het om aan haar seun te gee.
Toe Darya huis toe gaan, het sy die evangelies begin lees. “Hoe meer ek gelees het, hoe meer wou ek van Jesus en sy lewe weet!” sy het gesê.
Later het sy dit saam met haar seun gelees. “God het ons lewens heeltemal verander,” het sy gesê. “God het sy Seun vir my gegee en die Aksie-Bybel het my seun na my toe teruggebring!”
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 15/04/2024
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.
Sal graag meer van bybel wil weet