Geskryf deur: Herman de Kock
Artikelbron: JUIG! Tydksrif

Een van die bekendste dele in kinder-Bybelstudies moet seker die vertelling van Noag en die ark wees. Dit neem nie veel om die verbeelding van jong kinders aan te gryp nie – die pragtige beeld van ’n reuseskip, diere wat in pare opdaag, oorweldigende waters en ’n reënboog wat kleur in die wêreld bring na die verwoesting.

Praktiese illustrasie
Een van die tegnieke wat ons gebruik het om die wonder van die ark met ons kinders te deel, was om in ons motorhuis te sit in die aand wanneer dit donker is. Ons lees dan die gedeelte uit Genesis, terwyl die geluide van diere en donderweer op ’n luidspreker in die agtergrond speel. Wanneer ons kom by Genesis 7:16, “en toe het die Here die ark agter Noag toegesluit,” druk ons die motorhuis se beheerknoppie en die deur gaan toe. Dit laat ’n blywende indruk op jong en selfs ouer ore. Te midde van al die spesiale effekte en kreatiwiteit moet ons net onthou om die volgende sleutelkonsepte oor te dra wat ’n fondament vorm vir latere teologiese denke.

God se grootheid en sorg
Die eerste kernpunt in hierdie storie is die grootheid van God – wys uit dat die vloed nie net vanweë reën ontstaan het nie, maar soos Genesis 7:11 dit stel hoofsaaklik vanweë die onderaardse water wat “oopgebreek” het. Hierdie stukkie detail is die sleutel tot die verstaan van baie geologiese vrae. Tweedens moet ons die sorg van God raaksien: Dit word mooi gedemonstreer deur hoe Hy die deur van die ark sluit, tot waar Hy toesien dat die duif op die regte tyd die boodskap bring dat God weer voorsiening maak dat Noag se familie op die regte plek hul voete op droë grond plaas.

God se betroubaarheid
’n Verdere punt wat ons vir hulle moet leer, is die betroubaarheid van God – Hy voer sy belofte deur, van Genesis 3 tot waar ons vandag staan kon die vyand dit nog nie regkry om Genesis 3:15 te verhoed nie. Dit gee vir ons hoop. Maar terselfdertyd moet ons ook aandag gee aan die reënboogteken en belofte. Hy sal nie weer die mensdom tref met ’n vloed op só ’n tektoniese skaal nie. Ons moet egter kennis neem van die waarskuwende belofte in 2 Petrus 3 en besef dat ons vers 11 tot 13 sal sien gebeur, so seker soos wat die reënboog vandag nog gesien word.

HERMAN DE KOCK – hoof van die interkerklike jeugbediening, Geloofstroom. Kontak hom by info@geloofstroom.org of op Facebook of Instagram.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 14/04/2025
Foto slegs ter illustrasie.

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here