Geskryf deur: Almarie du Preez
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Toe ek onlangs vir my kollegas vra om die jaar 2024 in een woord te beskryf, kom “uitdagend”, “suiwerend”, “deurmekaar”, “chaoties” en “moeilik” na vore. Een persoon het darem gereken dit was “JUIGend”. Terwyl ek nadink oor hierdie woorde en my eie belewenis, kom die beeld van ’n orkaan by my op – chaos en verwoesting wat rondom woed, maar die oog van die storm bly kalm. Soos ek vir iemand gesê het toe hulle vra hoe dit met my gaan: “Dit gaan goed met my siel, al gaan dit nie aldag goed met my omstandighede nie.”
God se belofte in die storms van die lewe
Dit herinner my so mooi aan God se belofte in Johannes 16:33 wat sê: “Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”
Steeds staande deur God se genade
Vir ons by Kaapse Kansel was 2024 ongetwyfeld ’n jaar waarin ons opnuut bewus geword het van God se genade. Te midde van onafhanklikwording, groot besluite en finansiële uitdagings is ons steeds staande en saai ons uit, op golwe van genade.
Dankie, liewe luisteraar
Ons is innig dankbaar vir elke liewe luisteraar se getroue en liefdevolle aanmoediging en ondersteuning wat ons fondament, gebou op God se krag, deurlopend versterk sodat ons Hom met oorgawe kan dien. Ons eer die Here vir elkeen wat vir ons bid, selfs vanuit hul eie plek van swaarkry. Ons sou nooit hierdie pad sonder ons luisteraars wou aandurf nie.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 21/01/2025
Foto’s verskaf
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








