Artikelbron: Verskaf

Focus on the Family-Afrika bied in vennootskap met CCFm 107.5 verskeie regstreekse geleenthede in Kaapstad aan. Daar is twee aandgeleenthede – genaamd #wellconnected”. Die fokus is om Christene te help om veilige, wyse en gawe digitale gebruikers te wees. Christy Herselman is die spreker en sal Maandag 29 Mei in die suidelike voorstede en Dinsdag 30 Mei 2023 in die Noordelike voorstede wees.

Onderwerpe sluit in die begrip van skermtyd, aanlyn gevare, tieners en skerms, “sexting”, seksuele voorbereiding van kinders (grooming) en sekskletsery (sexting) en aanlyn verhoudings.

Daar is ook ’n spesiale oggendgeleentheid: Aanlyn seks en verhoudings: Beskerm jou kind teen die aanloklikheid en gevare van pornografie en aanlyn seks.

Hoe om jou kinders te beskerm en voor te berei teen: sekskletse, seks op sosiale media, aanlyn romantiese verhoudings, stuur van naak foto’s, seksuele versorging en “cat fishing” (wanneer iemand ’n fiktiewe persoonlikheid of valse identiteit op ’n sosiale netwerk skep, gewoonlik om ’n spesifieke slagoffer te teiken).

Kaartjies kos R50 per persoon wat via die webwerf: https://www.safamily.co.za/christy-herselman- gebeurtenis/ gekoop kan word.

 PLEK EN TYE IS SOOS VOLG:
Suidelike voorstede:
Maandag 29 Mei 2023 om 19:00 – 21:30
Desire of All Nations Christian Church, Ottery Value Centre, Ottery

Noordelike voorstede:
Dinsdag 30 Mei 2023 om 19:00 – 21:30
Shofar Christian Church, Durbanville, eerste Vloer, Pasitastraat 21, Pasita Park, Rosenpark

Noordelike voorstede oggendgeleentheid
Dinsdag 30 Mei 2023 om 09:00 tot 10:30 (koffie en muffins sal bedien word vanaf 8h30)
Shofar Durbanville, eerste vloer, Pasitastraat 21, Pasita Park

Vir kaartjie-aankope, besoek safamily.co.za

Meer oor Christy…
Christy is spreker, onderwysernavorser, skrywer, vrou en ma. Sy is 19 jaar lank getroud en het ’n agtergrond in joernalistiek en onderwys. Sy en haar man, Brad, woon in Umdloti, Suid-Afrika waar hulle ’n kerk geplant het. Hulle het drie kinders: Emily (15) en Blake en Ryan (tweeling, 13).

Agt jaar gelede het Christy ’n beweging. The Chat, gestig. Die hart van The Chat is om ouers, organisasies en gemeenskappe te bemagtig om op ’n natuurlike, oop manier met selfvertroue te praat oor belangrike onderwerpe soos seksualiteit, geslag, pornografie, digitale gesondheid en sosiale media en ’n veilige ruimtes te skep vir voortdurende gesprekke.

Sy rus ook kinders en tieners toe om gesonde, toekomsgerigte besluite oor hul seksualiteit en identiteit te neem en doen werkswinkels by skole, wat kinders en tieners help om gesonde, wyse digitale gebruikers te word.

Sy skryf kurrikulum- en video-gebaseerde kursusse vir hoërskoollewensoriënteringsprogramme.

Sy het twee boeke geskryf:
The Chat: Birds, Bees and Destinies
#wellconnected: How to be safe, wise and kind online

Dit is haar passie om gesonde dialoog te fasiliteer en ’n generasie te help grootmaak wat gevestig is in wie hulle is en waarheen hulle op pad is.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 29/05/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here