Artikelbron: cne.news

Soos die onlangse geval met die student, Shaun Christy van NWU uitgelig het, is daar ’n groot groep Christen-studente wat huiwerig is op te staan vir hulle geloof. Nadat Shaun standpunt ingeneem het vir sy geloofsoortuigings het dit talle ander studente die moed gegee om op te staan en die vergadering saam met hom te verlaat.

Nou berig CNE News dat Europese studente dit ook moeilik vind om op te staan vir hulle geloof. Die artikel berig oor die dokumentêre rolprent wat deur Observatory on Intolerance and Discrimination against Christians (OIDAC) gemaak is. Dit behels nege studente van verskeie Europese lande wat praat oor hulle ervarings en uitdagings met betrekking tot die uitdrukking van hul geloof op Europese kampusse.

Die kamera volg die studente tydens hulle alledaagse aktiwiteite en sluit onderhoude en besprekings oor geloof en vryheid van spraak in. Die studente onthul hoe moeilik dit vir hulle is om openlik oor hul geloof te praat en noem voorbeelde van negatiewe gevolge en dreigemente wat hulle ervaar het.

In haar groep in Spanje was Mafe die enigste een wat haar teen aborsie uitgespreek het. Dit het haar nie net misverstand op die hals gehaal nie, maar ook doodsdreigemente. Sy moes ’n maand lank huis toe gaan onder polisiebegeleiding … Mary, van Noord-Ierland, het ook doodsdreigemente by haar universiteit in Skotland ontvang weens haar pro-lewe aktiwiteite,” lui die berig van CNE News.

Die dokumentêr beklemtoon die selfsensuur wat onder studente voorkom omdat die uitdrukking van Christelike oortuigings dikwels met bespotting gepaardgaan. Postmodernisme word aangehaal as ’n bydraende faktor, wat die konsep van waarheid erodeer.

Die dokumentêr het die behoefte aan meer gesprekvoering beklemtoon en dat die aanvaarding van diverse oortuigings binne akademiese en sosiale kontekste aangemoedig moet word.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 30/03/2024
Foto: OIDAC

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here