Geskryf deur: Abby Trivett
Artikelbron: www.charismanews.com

Die Evangelie word wêreldwyd op ongekende maniere verkondig.

In ‘n eksklusiewe onderhoud met Charisma News het rolprentmaker Chris Worthington vertel oor sy nuwe dokumentêr, Multiplied. Anders as ander rolprente en dokumentêre films, beklemtoon hierdie een die evangelistiese veldtogte deur Daniel Kolenda terwyl hy die Evangelie na alle nasies neem.

Multiplied gaan oor ’n generasie Heilige Gees-evangeliste wat oor die hele wêreld vermenigvuldig word vir ’n eindtyd-oes,” het Worthington gesê.

As die opvolger van Reinhard Bonnke, het Daniel Kolenda die mantel opgeneem om voort te gaan met die missie om die Goeie Nuus van die Evangelie wêreldwyd te verkondig. Worthington sê dat Kolenda se bediening nie gaan daaroor om ’n naam vir homself te maak of om lof en eer te kry nie. In plaas daarvan gaan dit vir hom daaroor om individue op te rig wat ander van Jesus sal gaan vertel.

Toe hy besluit het om vir Kolenda te vra hoe die toekoms van evangelisasie lyk, het Kolendat vir hom gesê dit gaan oor vermenigvuldiging.

“Hy probeer nie om sy eie bediening te bou nie. Vir hom gaan dit daaroor om dit aan ander mense weg te gee,” het Worthington gesê.

Worthington het die wêreld vol gereis om aan hierdie projek te werk en onderhoude met Kolenda te voer, insluitend in Brasilië en Nigerië. Worthington sê die stryd wat hulle in Nigerië moes trotseer, het alles oortref wat hy te wagte was.

“Daar is letterlik op ons geskiet op pad na ’n evangelisasieveldtog met ’n skare van 400 000 mense,” het Worthington gesê. “Hulle het presies geweet wie ons is, want “CFAN: was oral op die motors sigbaar. Ons was eintlik veronderstel om te vlieg, maar ons is deur ’n sandstorm gestuit wat vliegtuie verhoed het om op te styg of te land.”

Ondanks hierdie uitdagings sien Worthington die groot werk van mense wat vrygemaak en gered word deur Kolenda en sy leierskap se veldtogte om ander evangeliste op te rig om die goeie werk te gaan doen.

“Die hoeveelheid mense wat gered word, is eksponensieel groter omdat dit nie net een veldtog hier is nie; dit word vermenigvuldig deur honderde mense wat dit op ander plekke ook doen,” het Worthington gesê.

Multiplied sal 20 en 21 Mei in teaters te sien wees.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 29/04/2024

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here