Artikelbron: AfriForum 

AfriForum het die musiekvideo van “Die Gelofte” saam met die vervaardigingsmaatskappy Inhoud Huis Musiek en vyf van die land se topkunstenaars vrygestel.

“Die Gelofte” is ’n toonsetting van die Gelofte wat in 1838 deur Sarel Cilliers opgestel is en waarin die Voortrekkers hul afhanklikheid van God in ’n tyd van moedeloosheid en onsekerheid oor die toekoms verklaar.

Die lied word deur Adam Tas, Chris Chameleon, Ghapi, Juan Boucher en Christoph Kotze (beter bekend as Appel) gesing. Dit is deur Johan Vorster van Inhoud Huis Musiek en Kotze getoonset.

Kyk hier na die musiekvideo

Plekke waar jy Geloftedag kan gaan vier
klik op hierdie skakel vir ’n lys van plekke waar daar Geloftedagfeeste aangebied word: ditsem.net/Geloftefees

Geloftefeesvieringe by die Voortrekkermonument
Daar word reeds van 8 Desember af Gelofteweekfeesvieringe by die Voortrekkermonument aangebied en dit sal voortgaan tot op Geloftedag, op 16 Desember.

Klik hier vir meer inligting oor wat jy te wagte kan wees.

Registreer jou en jou gesin se plek vir Geloftedag, en koop jou Gelofteweek-kaartjie hier: https://vtm.org.za/gelofteweek-2023/.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 12/12/2023
Foto: Skermskoot

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here