Artikelbron: Morning Star News
’n Iranse regter het verlede week beslis dat ’n Christen-egpaar verkeerdelik gearresteer is omdat deelname aan ’n huiskerk nie strafbaar is nie. Vandeesweek is die kerkleiers deur die Iranse owerhede meegedeel dat hulle vrygelaat sal word, berig Morning Star News.
Homayoun Zhaveh (64) en Sara Ahmadi (45) is in 2020 vlugtig in hegtenis geneem omdat hulle ‘n huiskerk gelei het. Hulle is gou weer vrygelaat. Dit was dus vir Ahmadi en Zhaveh ’n skok toe hulle in Augustus verlede jaar meegedeel is dat hulle jarelank in ’n tronkselkompleks aangehou sal word. Die Iranse Christene het verwag dat hulle toegelaat sou word om hul besittings wat hulle agtergelaat het, te gaan haal, maar moes hulle onmiddellik voorberei vir jarelange tronkstraf.
Byna ‘n jaar later kom die Iranse hof toe met goeie nuus: “Lidmaatskap en deelname aan huiskerke word nie beskou as dade wat die staatsveiligheid van Iran in gevaar stel nie en word nie in die wet as kriminele aktiwiteite beskryf nie.”
Die Artikel18-organisasie werk wêreldwyd om godsdiensvryheid in Iran te beskerm en te bevorder. Direkteur Mansour Borji neem kennis van die vryspraak en sê dit toon dat Iranse inligtingsdienste “geregtelike proses en die wet geïgnoreer het”. ” Borji voeg by dat onafhanklike en beginselvaste regters skaars is in Iran wanneer dit by godsdiensaangeleenthede kom. In daardie sin is die direkteur van Artikel18 dus verras deur die vryspraak. “Ongelukkig erken min regters in hierdie land die regte van Christene wat verkeerdelik beskuldig word en onregverdige vonnisse teen hulle word dikwels nie omgekeer nie.”
Iranse Christene kan uitgesluit word van onderwys, verloor hul werk en vind dit dan dikwels baie moeilik om weer werk te kry. Vir vroue is die situasie selfs meer onseker omdat die Iranse wet min regte aan vroue verleen. As hulle die Here Jesus volg, loop hulle die gevaar om deur hul mans aangerand te word of met egskeiding gestraf te word; dit gebeur ook dat hulle kinders van hulle weggeneem word.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 22/05/2023
Foto: Morning Star New
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.