Artikelbron: morningstarnews.org

Twee Christen-mans is verlede week in Punjab aangeval deur lede van ’n Sikh-orde bekend as die Nihang Sikhs.

Die twee broers, pastoor Gurjeet Singh en Gurdeep Singh, is met swaarde en messe aangeval terwyl hulle besig was om ’n kerkdiens in hulle dorpie te hou.

Volgens Daljit Kaur, die vrou van die ander broer, het vier gewapende Nihangs Gurdeep aangetref waar hy buite die huis ’n kerkdiens gehou het en hom toe aangeval. “Toe ek en my man Gurdeep probeer help, het hulle my man ook aangeval,” het sy vertel.

Kaur se man het gruwelike beserings opgedoen. “Hulle het sy kop geteiken. Gurjeet het homself met sy hande beskerm en erge snywonde aan beide sy hande en arms opgedoen,” het sy gesê. Gurdeep het diep snywonde aan sy kop, hande en gewrig opgedoen.


Gurdeep Singh is saam met sy broer, Pastoor Gurjeet Singh aangeval. (Morning Star News)

Ná die aanval is die broers hospitaal toe geneem, waar hulle noodgedwonge na ’n ander hospitaal verwys is weens die erns van hul beserings. Die behandeling by die Christian Medical College & Hospital, Ludhiana, het operasies aan hul hande ingesluit.

Die oortreders het die broers voorheen gewaarsku om kerkdienste te staak en hulle daarvan beskuldig dat hulle dorpenaars bekeer het. “My man is twee keer tevore deur die Nihang Sikhs gedreig, maar hy het my nie van die dreigement vertel nie; hy het geweet ek sou bekommerd wees,” het Kaur gesê.

Pastoor Vishnu Dev, ’n plaaslike leier in Ludhiana, het gevra vir gebede en geregtigheid vir die Singh-broers. “Ek is hartseer oor die wrede aanval op die broers. As die polisie nie ’n regverdige ondersoek loods nie, sal ons saamkom en teen die owerhede betoog en geregtigheid eis,” het hy gesê.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 24/04/2024
Foto slegs ter illustrasie: unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here