Geskryf deur Daniel Kolenda; Christ for all Nations
Artikel oorspronklik geplaas in die Oktober uitgawe van JUIG! Tydskrif

Oor die afgelope paar jare het ek vele kere gedeel, “Hierdie is ʼn eerste vir CfaN”. Die tempo van verandering en uitbreiding neem steeds toe. Ons het so baie eerstes gehad terwyl ons die strategieë implementeer wat die Here ons gegee het om te vermeerder en saam te werk vir die oes. Onthou jy die eerste keer wat ons verskeie evangelieveldtogte in dieselfde streek in dieselfde week in 2020 gehou het? Of verlede jaar, die eerste keer wat ons ʼn CfaN evangelieveldtog in Thailand gehou het? Wel, ek het nog ʼn groot “eerste vir CfaN” om saam met jou te vier!
Oor die volgende paar weke sal CfaN massa-evangelieveldtogte op drie verskillende kontinente hou. Dit gaan daaroor om gereed en gewillig te wees om deur die deure wat oopgaan te stap, en die geleenthede wat God gee aan te gryp terwyl daardie geleenthede wawyd oop is.

Staan jy saam met ons?
Ons het jou gebede en hulp nodig om alles gedoen te kry! Ek vra vandag vir jou om saam met ons skatte in die Hemel bymekaar te maak, waar mot en roes dit nie kan vernietig nie. Sal jy ons help om die dringende oproep in elk van hierdie nasies te vul?

Calabar, Nigerië, 11 – 15 November
Ek begin met hierdie een, wat eintlik die laaste veldtog vir die jaar is, want “Afrika sal gered word” is die hardklop van die bediening, en ek kan nie wag om terug in Nigerië te wees vir hiedrdie veldtog nie! Calabar het baie veranderinge in hierdie eeu ondergaan en het van landelik na verstedelik beweeg. Sedert ons laas in 2018 daar was (met meer as 200 000 bekerings), het die bevolking met 39,5% gegroei!

So baie moet nog gebeur
Ons veldtogdirekteur vir Afrika, Past. John Darku, sê: “Die pastoors-vergaderinge het entoesiastiese deelname gesien en die opwinding bou groot op. Ons het ’n plek geïdentifiseer. Daar is werk om te doen – ons moet tydelik ’n groot grensheining afbreek om genoeg ruimte te maak vir die skares wat ons verwag. Wat die geestelike mobilisering betref, het ons gebedssentrums in 30 plekke regoor die stad opgerig en bid vir hierdie veldtog. Daarby loop beradingsopleiding vir tien weke regoor die hele staat, met die doel om 100 000 beraders op te lei om dié wat op die Evangelie reageer, te bedien. Ons lei meer as 10 000 gashere op om te help om die skares elke aand te koördineer! Ons is aangemoedig dat die goewerneur en adjunk-goewerneur albei lede van deelnemende kerke is, en die polisiekommissaris staan volkome agter ons.”

Valencia, Venezuela, 30 – 31 Oktober

Venezuela is so reg vir ’n beweging van God! Ná die twee-lingaardbewings in Junie het ons steeds dieselfde van al die pastore gehoor: Venezuela het die Evangelie nou meer as ooit nodig. Met hierdie oproep wat in ons ore klink, het die voorbereidings vir die veldtog dadelik ná die aardbewings weer opgetel. In hierdie nasie wat so baie gely het, is die honger na God soos niks wat ons al vantevore gesien het nie.

Wonderwerk na wonderwerk
Bedryfsdirekteur Jana Bielava, het gedeel: “Van die heel eerste Sondag af het dinge enigiets wat ons verwag het, oortref. Ons het by ’n kerk gepreek, en hulle het ’n bedelaar van die straat af ingebring wat blind was. Reg in die middel van die preek het hy opgestaan en begin skree dat hy kon sien. Die kerk het geld vir hom ingesamel sodat hy ’n operasie kon ondergaan, maar hy het omgedraai en gesê dat hy dit nie meer nodig het nie. God het hom daar en dan genees. En dit was nie net daardie een genesing nie. Ons het met ons eie oë gesien hoe gewasse verdwyn. Ongelooflike wonderwerke, keer op keer, reg voor ons oë. Maar wat my die meeste getref het, was die leiers. Predikante van groot kerke met duisende lidmate is almal volkome verenig. Hulle het dit hul hoogste prioriteit gemaak.

Mae Sot, Thailand, 30 OKtober – 1 November

In Thailand is veldtogdirekteur, Brady Liette, besig om voor te berei vir ‘n CfaN-veldtog reg op die Thailand/Myanmar-grens. In sy eie woorde: “Mae Sot is so ‘n unieke plek vanweë sy ligging. Daar is ‘n groot Birmaanse bevolking wat aan die Thaise kant van die grens woon, saam met Karen (stam) en ander etniese gemeenskappe. Hierdie veldtog het baie meer as net ‘n Thaise veldtog geword. Ons werk saam met Thaise-, Birmaanse- en Karen-kerke. Die veldtog sal ook doelbewus bedien oor die verskillende gemeenskappe heen. Vroeër hierdie maand het ons ‘n pastoorsvergadering gehou en meer as 500 pastore en leiers het dit bygewoon! Daar is ongelooflike belangstelling van die Birmaanse kerke, veral vanweë die kans om mense te bereik wat verplaas is of deur gebeure in Myanmar geraak is. Daar is ‘n groter visie in beweging, ver buite hierdie veldtog. Ons hou twee evangelisasie-opleidingskampe, een in Thai en een in Birmaans. Ons wil mense bereik, gelowiges oplei, evangeliste stuur en die Evangelie oor grense heen vermenigvuldig.


Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Hoof foto verkry deur oorspronklike artikel geplaas in die Oktober uitgawe van JUIG! Tydskrif
Datum gepubliseer: 27/09/2026

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here