Artikelbron: Religion News Service 

Sowat 21 000 Amerikaners poog om ’n evangelisasietoer van evangelis Franklin Graham te stuit, berig Religion News Service.

Die seun van wyle Billy Graham word geteiken weens sy openlike steun aan Donald Trump en sy Bybelse standpunt oor LGBTQ-sake en immigrasie.

Die petisie, wat deur Faithful America opgestel is, is reeds deur byna 21 000 Amerikaners onderteken. Die liberale Christelike organisasie doen ook ’n beroep op organiseerders van veldtogte by plekke in die suide van Amerika wat deur Graham besoek gaan word, om hul uitnodigings terug te trek. Hierdie keer veroordeel Faithful America Graham vir wat hulle bestempel as “anti-immigrant”-sienings.

Graham sou in Februarie verskeie plekke aan die suidelike grens van Amerika besoek, insluitend Bronsville, McAllen, Laredo, Eagle Pass, Del Rio, Presidio en El Paso. Sy toer sou in Chula Vista, Kalifornië afsluit. Talle Amerikaners met ’n migrasie-agtergrond woon in hierdie plekke.

Maar as dit van Faithful America afhang, sal die toer nie plaasvind nie.

 Graham het self op die petisie gereageer deur te sê hy gaan die suidelike grens besoek omdat hy glo dit “is een van die behoeftigste gebiede in Amerika en mense moet ’n boodskap van hoop uit God se Woord hoor.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 31/01/2024
Foto: Samaritan’s Purse

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here