Geskryf deur: die Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Artikelbron: Artikel verskaf
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het onlangs ’n bygewerkte weergawe van www.biblesa.co.za, sy aanlyn Bybelleesplatform, bekendgestel.
Met ’n positiewe gebruikerservaring as een van die hoofoogmerke, help die verbeterde webwerf lesers om met min moeite hul weg deur die Bybel te vind om so die Woord van God maklik te verken. Buiten leesplanne, ‘n Vir die jongspan-afdeling, toegang tot meer as 1 100 onderwerpe en agtergrondartikels en 52 volkleur kaarte, spog die opgeknapte platform met nuwe kenmerke en verbeterings wat gebruikers ‘n meer aangename en verrykende ervaring bied.
Een van die groot toevoegings is ‘n toegewyde afdeling waar gebruikers hul uitgeligte Bybelverse en notas gerieflik op een plek kan stoor. Dit help om Bybelstudie meer persoonlik en georganiseerd te maak. Die proses om ’n Bybelvertaling, hoofstuk en vers te kies, is ook vereenvoudig. Hierdie opgraderings maak die lees van die Bybel aanlyn meer maklik en toeganklik vir diegene wat spesifieke gedeeltes of vertalings soek.
’n Verdere belangrike toevoeging tot die platform is die insluiting van Oudiobybels in al die amptelike Suid-Afrikaanse tale. Gebruikers wat verkies om eerder na die Bybel te luister, kan by wyse van ’n gebruikersvriendelike navigasiebalk die funksie beheer. Dit stel gebruikers in staat om vinnig na verskillende dele van die opname te beweeg en om die leesspoed aan te pas, wat ’n pasgemaakte ervaring vir elke luisteraar verseker. Gebruikers kan die platform verder pasmaak deur die voorkoms en gevoel van die Bybelleser volgens hul keuse aan te pas.
“Ons is opgewonde om die verbeterde BibleSA-platform bekend te stel. Dit is bygewerk om aan die ontwikkelende behoeftes van ons gebruikers te voldoen,” het Talitha Huysamer, die hoof van publikasies en Bybelbetrokkenheid by die Bybelgenootskap, gesê.
“Hierdie vernuwing dui op ons toewyding om ’n gebruikersvriendelike platform te skep wat daarop gemik is om in die Bybelverwante behoeftes van Suid-Afrikaners te voorsien. Daarom sal ons voortgaan om BibleSA te verbeter en uit te brei. Versoeke vir ondersteuning of voorstelle om die platform te verbeter, kan na biblesa@biblesociety.co.za gestuur word.”
Om die nuwe kenmerke te ervaar, besoek die amptelike webwerf by www.biblesa.co.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 02/11/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.