Geskryf deur: ds. Willem van Schalkwyk
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Was die oorwinning by Bloedrivier werklik ’n wonderwerk soos wat ons glo? Is ons eerlik om vir ons kinders te vertel dat die Here op daardie dag ’n wonderwerk gedoen het deur die Voortrekkers te laat wen?
’n Uittreksel uit ’n geskiedenishandboek vir graad 7 skets ’n ander prentjie: “Die oorwinning van die Voortrekkers was hoofsaaklik toe te skryf aan deeglike taktiese voorbereidings, militêre vindingrykheid en hul moderne wapens.”
Die historikus, dr. Jackie Grobler, skryf dat daar vanaf 1970 ’n interpretasieverandering by verskeie Afrikaanse historici ingetree het. So verklaar sommige dat die historikus nie die hand van God by Bloedrivier moet betrek nie, maar na ander menslikverklaarbare redes vir die Voortrekkers se oorwinning moet soek – dat daar “niks wonderbaarliks of bonatuurliks” in verband met die slag van Bloedrivier was nie.
Daar word beweer dat die oorwinning by Bloedrivier eintlik gaan oor die wapens wat gebruik is. Die Voortrekkers was gewapen met ’n vuurklipgeweer (voorlaaier/pangeweer) waar die buskruit met behulp van ’n laaistok voor by die loop gelaai is. ’n Haan met ’n vuurklip het ’n vonk in die pannetjie veroorsaak en die kruit in die loop aan die brand gesteek.
Vir die diepgaande antwoord op hierdie onderwerp deur ds. Willem van Schalkwyk, skaf gerus die Desember-uitgawe van JUIG! Tydskrif.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 16/12/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.