Geskryf deur: Rudi Briel
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Ons vervalle land het nodig om die lewende God in sy heerlike krag en glorie te sien werk. Ons benodig ’n Goddelike ingryping, ’n grootskaalse herlewing oor die lengte en breedte van Suid-Afrika, waar die Heilige Gees met groot krag uitgestort word.
Die uitwerking van ware herlewing
Herlewing bring ’n oortuiging van sonde, wat die massas aangryp met berou, belydenis van sonde, kragtige bekerings en heiligmaking. So ’n beweging van God se Gees bring ’n nuwe vrees vir die Here teweeg. Dit bring ook ’n nuwe liefde: liefde vir die almagtige God en liefde vir die medemens.
Herlewings uit die verlede
Suid-Afrika het reeds in 1857 so ’n herlewing onder die Zoeloes gesien. Sendelinge vertel hoe massas mense, aangegryp deur God se liefde en oortuigingskrag, nagte lank in gebed deurgebring het tot die oggend. Duisende het hul toorpraktyke laat staan om Christus, die Verlosser, met hart en siel te dien.
Die kragtige Worcester-herlewing van 1860
Nog meer aangrypend was die 1860-herlewing in Worcester, waarvan die eerste uitstorting in Montagu plaasgevind het. Tydens ’n biduur in die Worcester-kerksaal is ’n naderende gedreun gehoor, wat die saal begin skud het (nes in Hande-linge 4:31). Mense het met ’n geroep na God op hulle knieë neergeval en gepleit om vergifnis van sonde.
Herlewing verander die samelewing
Hierdie herlewing het na die res van die Wes-Kaap uitgebrei en gebedsbyeenkomste met stampvol sale het oral plaasgevind. Winkels en werksplekke het op bepaalde tye gesluit sodat mense, gedrewe deur die Gees en ’n begeerte na God, die bidure kon bywoon. Kroeë en hofsale was leeg en mense het in harmonie met mekaar saamgeleef – want mense in ’n greep van herlewing het een doelwit: God en God alleen!
Rudi Briel – senior pastoor van die AGS Centurion-gemeente. Volg sy boodskappe op AGS Centurion se Facebook-blad.
admin@agscenturion.co.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 11/06/2025
Foto slegs ter illustrasie.
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








