Geskryf deur: Fanie van Vuuren
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
In 2007 het God my geroep om voltyds in die bediening te gaan na ek vir 23 jaar getrou in die SAPD gedien het. In 2015 het ek en my vrou die Police 4 Christ-beweging begin om ons lede te bemoedig, te motiveer en vir hulle te bid. Bid asseblief hierdie gebed oor ons polisiebeamptes in Suid-Afrika.
Hemelse Vader, ons kom na U in die Naam van Jesus, die naam bo alle name. Ons bring elke polisieman en -vrou na U toe en vra dat U hulle harte sal aanraak met U liefde en genade. Ons vra dat U hul wonde sal genees en dat hulle hul lewens aan U sal oorgee. God, U het hulle geroep om te dien en te beskerm. Ons bid dat hulle hul roeping sal besef en dit sal vervul, maak nie saak hoe moeilik dit mag wees nie. Ons vra dat U hulle sal versterk en met die krag van die Heilige Gees sal vul. Vader, ons bid vir herlewing en transformasie, en dat Suid-Afrika omgekeer sal word, wat tot baie mense se redding sal lei. Soos dit jare gelede geprofeteer is dat herlewing in die polisie sal begin, bid ons dat hierdie profesie nou vervul sal word. Ons bid dat elke polisiestasie in Suid-Afrika ’n vuurtoring sal word, waar dié wat ongered inkom, gered sal uitgaan. En dat die polisie baie tot bekering sal lei en die vestings van haat, bitterheid en onvergifnis sal verbreek. Vader, ons lig elke stasiebevelvoerder en offisier in bevel op, en vra dat U hulle bonatuurlike wysheid en leiding sal gee sodat hulle in lyn sal kom met U wil. Ons bid dat geregtigheid en regverdigheid in ons regstelsel herstel sal word, en dat korrupsie ontbloot en aangepak sal word. Vader, ons bid dit alles in die kosbare Naam van U Seun, Jesus Christus. Amen.
Fanie van Vuuren
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 04/11/2024
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.