Geskryf deur: Gerda Potgieter
Artikel Bron: Verskaf 

Lance de Vos kom van Mitchells Plain in Kaapstad. Hy het ‘n goeie opvoeding geniet. Dit het hom egter nie verhinder om verkeerde lewenskeuses te maak wat sy lewe amper vernietig het nie. Ten spyte van hierdie belowende begin het hy by die verkeerde vriende betrokke geraak en verkeerdelike lewenskeuses gemaak. Hy het aan dwelms verslaaf geraak en so 18 jaar van sy lewe gemors – hoofsaaklik sy tiener- en jong volwasse jare.

Lance glo mense het keuses om te maak en moet verantwoordelikheid daarvan neem. Hy is die jongste van drie broers, en die broers het grootgeword in ‘n Christelike gesin met Bybelse waardes. Ongelukkig is hy nou die enigste lewende kind van sy ouers. Sy twee ouer broers het albei ‘n gewelddadige dood gesterf.

Lance wou in die voetspore van sy oudste broer volg, wat vroeg in sy lewe ‘n bendelid geword het. Van ‘n baie jong ouderdom af het hy by sy ouers begin steel. Hy het die skool ná graad 11 verlaat en nooit sy skoolopleiding voltooi nie. Ongelukkig is sy broer in die 2000 wreed voor hom doodgeskiet. Maar dit het hom nie oortuig om die bende te verlaat nie, en gevolglik was hy vir die volgende 18 jaar van sy lewe in en uit die tronk. Onder die talle vonnisse het hy agt jaar vir roof gekry, waarvan hy slegs vyf jaar uitgedien het.

Lance het destyds ‘n groot verskeidenheid dwelms gebruik. As gevolg van sy opvoeding het hy altyd in sy agterkop geweet dat wat hy doen, verkeerd is. Maar hy het nie omgegee nie en het uitgesien na die volgende dwelmgebruik. “Dit is wat dwelms aan jou doen,” vertel hy, “al wat jy wil hê, is die pyp of die volgende ‘skoot delms’. Selfs toe my tweede broer gewelddadig gesterf het, het ek nie my slegte gewoontes verander nie. Maar toe raak my pa keelvol vir my, want teen daardie tyd het ek al ons besittings verkoop om my dwelmgewoontes te onderhou. Daarna het ek rondgeval, maar het aangehou om misdaad te pleeg en dwelms te gebruik.”

 Dit het alles vir Lance verander toe ‘n groep van die CYPSA-program na hul tehuis vir haweloses gekom het. “Ek was diep geraak deur die getuienisse wat voormalige dwelmverslaafdes met ons gedeel het,” vertel hy. ‘n Prediker op Malmesbury met die naam George het my na die Here gelei. Hy kon nie loop nie, en hy kon weens sy siekte nie praat nie (hy het ‘n beroerte gehad), maar sy lewe was ‘n getuienis van sy liefde vir die Here. Van 2017 tot 2019 was ek by die KwaSizabantu-tak op Malmesbury, en van daar af het ek na Kranskop gekom. Dit is agt jaar sedert ek by KwaSizabantu aangekom het, en ek het nog nie na my vorige lewe teruggekeer nie.”

“Die berading wat ek ontvang het, het die gewig van my skouers afgelig, en ek het ontslae geraak van die haat in my. Ek het in die Here begin glo, wat ‘n groot verskil in my lewe gemaak het. Ek werk die laaste vyf jaar by die slaghuis by KwaSizabantu, en my berader is dr Abu van Eeden. Hy het ook ‘n groot impak op my lewe gemaak. Dit was egter my keuse om my lewe te verander, en ek het, met die hulp van KwaSizabantu. Ek kon dit nie sonder hulle gedoen het nie.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 29/08/2024

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here