Artikelbron: morningstarnews.org

’n Diep bekommerde Christen-pa veg tans vir die vrylating van sy 15-jarige dogter. Muskan, is ontvoer en toe met geweld tot Islam bekeer. Sy is nou getroud met ’n Moslem-man, berig Morning Star News.

“Dit is nou al amper twee maande dat ek desperaat na my minderjarige dogter, Muskan, soek,” sê Salman Masih. “Sy het op 11 Maart uit ons huis verdwyn, maar ondanks my dringende versoeke aan die polisie om haar te vind, is sy steeds in die hande van die Moslem-man, Arsalan Ali, wat haar gevangene geneem het.”

Masih het Muskan se ontvoering binne ’n uur by die polisie aangemeld en vir onmiddellike optrede gesmeek, maar sy oproepe is geïgnoreer. “Ná ’n paar uur is ek meegedeel dat ’n polisiespan die volgende dag na my huis toe sou kom, maar dat ek hulle 5 000 Pakistanse roepee in “brandstofkoste” sal moet betaal,” het hy gesê. Die polisie het die ontvoerder ’n geleentheid gegee om my dogter na ’n ander plek te verskuif.”

Masih se dogter is toe deur Ali gedwing om die Moslem-geloof aan te neem. ’n Vals huweliksertifikaat is geskep as ’n wettige dekmantel vir die misdaad. “Volgens die dokumente wat die polisie aan my verskaf het, het die Islamitiese bekering en Nikah (huweliksertifikaat) plaasgevind op dieselfde dag wat Muskan uit ons huis ontvoer is,” het hy gesê.

Luke Victor, die prokureur vir die Masih-familie, het ’n mosie by die hof ingedien. “Die wet teen kinderhuwelike verbied sulke verbintenisse en enige volwassene wat ’n kinderhuwelik aangaan kan strafregtelik vervolg word,” het hy verduidelik.

Op 11 April het VN-menseregtekenners ’n beroep op Pakistan gedoen om wetlike veranderinge aan te bring weens die voortgesette kwesbaarheid van vroue en meisies uit minderheidsgeloofsgemeenskappe vir sulke gedwonge huwelike en godsdiensbekerings. “Die blootstelling van jong vroue en meisies uit minderheidsgodsdienste aan sulke ernstige menseregteskendings en die straffeloosheid vir sulke misdade, kan nie langer geduld of geregverdig word nie,” lui hul verklaring wat in Genève uitgereik is.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 01/05/2024
Foto: Morning Star News

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here